Die Oberholsters in Suid-Afrika |
|   |
Na Leon Oberholster se geslagsregister
Ek het in 1985 begin om materiaal oor Hans Oberholster te versamel
en het onder andere baie ure in die argief in Kaapstad en die Genealogiese Instituut (GISA)
te Stellenbosch bestee. Ek het 'n groot aantal bronne geraadpleeg, korrespondensie met argiewe
in Holland en Switserland gevoer (sien Bronne) en Switserland in 2009 besoek. Ek kon tot dusver nie besonderhede oor Hans se ouers naspoor nie.
Ek vertrou dat hierdie webwerf u nie net van inligting sal voorsien nie
maar dat dit u genot sal verskaf om meer oor u voorvader te wete te kom.
Indien u meer oor die oorsprong van Afrikaanse families te wete wil kom, raadpleeg gerus die voortreflike webwerf van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA) by:
Posbus 5529 Winklespruit 4145 Suid-Afrika e-mail: leonob@mweb.co.za Tel: (031) 916-6993
 
|
|