Die Oberholsters

Webstyle produced NavBar
Stamland Familie wapens Die Van Hans Oberholster
Webstyle produced NavBar
Huwelike Testament Aantekeninge Tydrooster Bronne
 

Die Van

Hans Oberholster, die stamvader van die Oberholsters in Suid-Afrika, het ongetwyfeld die spelling Oberholster gebruik (sien handtekening, Figuur 1) maar die van het beslis in Switserland nog altyd as Oberholzer bekend gestaan. Dokumente van die Politieke Raad gebruik beurtelings die spelling Oberholster, Overholster en Oberholscher terwyl na Hans Oberholster ook as Johan, Johannes en Jan verwys word.

Dit is moontlik (maar nie bewese nie) dat Hans ongeletterd was toe hy by die Hollands-Oos-Indiese-Kompanje aangesluit het. Die klank Oberholzer, 'n Duitse familienaam, het dalk vreemd op die Hollanders se ore geval en húlle het waarskynlik die spelling Oberholster gebruik.

Vanweë die relatiewe lae peil van geletterdheid en die gebrek aan spelreëls, het die spelling van name en familiename destyds grootliks gevarieer. Lombard (1984:38) meld byvoorbeeld dat klerke, veldkornette, predikante, ens, name en familiename dikwels na goeddunke opgeteken het. Die familienaam Planx staan byvoorbeeld beurtelings in dokumente as Plancx, Blancx, Blanx en Blancq aangeteken (Böeseken 1974:xv).

Verskeie verklarings word vir die moontlike oorsprong van die familienaam Oberholster aangebied:

Een wat in die Boonste Woud woon.' Timmerhout heet in Duits 'holz' (Rosenthal 1949).

'Man wat in die bos woon.' (Pama 1983:239).

Die eerste verklaring klink die mees logiese: as 'Boonste Woud' met Oberholz vertaal word, het ons die Oberholzers (net soos Bloemfonteiners, ens) as aanduiding van die mense wat in daardie gebied woon.

 



Figuur 1
Hans Oberholster se handtekening