Die Oberholsters en Oberholzers van Suid-Afrika stam uit die Oberholzers van
Switserland.
Dit is bekend dat Oberholzers sedert 1542 in die distrik van Wald in die kanton
Zürich woonagtig is. Hierdie Oberholzers stam op hulle beurt uit die Oberholzers
van die distrik Goldingen in die kanton St Gallen (Historisch-Biographisches Lexikon
der Schweiz).
Sommige nasate van hierdie Duits-Switsers woon steeds in die dorpe WALD en Oberholz.
'n Ski-oord genaamd Oberholz word op die kaart van Wald in Switserland aangetref.